Ezekiel 22:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Mensekind, sê vir haar: Jy is die land wat nie gereinig of gereën word op die dag van grimmigheid nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Mensekind, sê vir die mense van Israel Ek sê: In die dag wat my toorn oor julle losbreek, sal julle soos ’n woestyn word waar geen reën val nie.
Afrikaans 1933/1953 Mensekind, sê vir hom: Jy is 'n land wat nie gereinig is nie, wat nie reën gekry het in die dag van grimmigheid nie.
Afrikaans 1983 “Mens, sê vir die land: Jy is 'n land wat geen reën sal kry die dag as my toorn losbreek nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Mensekind, sê vir die land, ‘Jy is 'n land wat nie rein verklaar kan word nie, wat op die dag van vervloeking sy reën nie kry nie,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Mens, jy moet vir die land Israel sê: Israel, jy is 'n land waar die mense nie meer rein kan word nie. Die dag het gekom wanneer Ek hulle sal straf. Daar sal niks reën op jou val nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Mens, sê vir die mense van Israel Ek sê vir hulle: Die dag as Ek julle straf, sal julle land geen reën meer kry nie. Dit sal so droog word dat julle land soos ’n woestyn sal lyk.