Ezekiel 22:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Terwyl hulle silwer en koper en yster en lood en tin in die middel van die oond bymekaarmaak om die vuur daarop te blaas en dit te smelt; so sal Ek jou versamel in my toorn en in my grimmigheid, en Ek sal jou daar laat en jou laat smelt. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daar sal Ek jou smelt in die hitte van my woede, nes koper, tin, yster en lood in die smeltoond gesmelt word. |
| Afrikaans 1933/1953 | Soos silwer en koper en yster en lood en tin binne-in 'n smeltoond bymekaargemaak word om daarteen 'n vuur aan te blaas en dit te smelt, so sal Ek julle bymekaarmaak in my toorn en in my grimmigheid en julle ingooi en smelt. |
| Afrikaans 1983 | Soos 'n mens silwer, koper, yster, lood en tin saam in 'n smeltoond gooi en die vuur aanblaas om die metaal te smelt, so gooi Ek julle in my toorn en my gramskap saam in die smeltoond om julle te smelt. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Silwer, koper, yster, lood of tin word in 'n smeltoond saamgegooi om vuur daarteen aan te blaas, sodat dit smelt. So sal Ek julle saamgooi in my toorn en woede, julle ingooi en julle laat smelt. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sal julle daar bymekaarbring soos 'n mens silwer en koper en yster en lood bymekaargooi in 'n smelt-oond en vuur maak om dit te laat smelt. Ek sal julle in Jerusalem laat smelt, want Ek is kwaad vir julle, baie kwaad. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Soos jy silwer, koper, yster, lood en tin saamgooi en die vuur aanblaas en warm maak om die metale te smelt, so gooi Ek julle bymekaar. Want Ek is kwaad oor al julle slegte dade. Ek smelt julle. |