Ezekiel 22:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Nou, jy mensekind, wil jy oordeel, sal jy die bloedstad oordeel? ja, jy moet haar al haar gruwels toon.
Afrikaans (NLV) 2011 “Mensekind, is jy gereed om Jerusalem te oordeel? Is jy gereed om die stad vol moordenaars te oordeel? Konfronteer die stad dan met sy verskriklike dade.
Afrikaans 1933/1953 En jy, mensekind, wil jy oordeel, wil jy oordeel die bloedstad? Maak hom dan al sy gruwels bekend
Afrikaans 1983 “Mens, wil jy hom oordeel, wil jy oor die stad van bloedvergieting oordeel? Vertel dan vir hom van sy afskuwelike dade.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ En jy, mensekind, sal jy regspreek, sal jy regspreek oor die stad van bloed? Maak aan haar al haar afstootlike dade bekend.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Mens, sal jy die bloedstad oordeel, die stad waar baie mense se bloed gevloei het? Sal jy die mense van die stad oordeel? Dan moet jy vir hulle vertel van al die slegte dinge wat hulle gedoen het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Mens, Ek wil hê jy moet besluit wat met Jerusalem gedoen moet word. Oordeel jy dan nou oor hierdie stad waar daar van die môre tot die aand moord gepleeg word. Vertel vir almal van die slegte dade wat sy doen.