Ezekiel 22:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom, so sê die HERE HERE: Omdat julle almal skuim geword het, kyk, daarom sal Ek julle in die middel van Jerusalem versamel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarom moet jy vir hulle sê die oppermagtige Here sê: Omdat jy waardelose metaalskuim is, bring Ek jou na die smeltoond in Jerusalem. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom, so sê die Here HERE: Omdat julle almal skuim geword het, kyk, daarom sal Ek julle binne-in Jerusalem bymekaarmaak. |
| Afrikaans 1983 | So sê die Here my God: “Omdat julle almal metaal geword het, gaan Ek julle in Jerusalem bymekaarbring. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarom, so sê die Heer, die Here, ‘Omdat julle almal metaalskuim geword het, daarom, kyk, in Jerusalem gaan Ek julle saamgooi. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here, Hy wat Here is, sê: “Julle het almal soos skuim geword, daarom sal Ek julle nou in Jerusalem bymekaarbring. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | So sê die Here, die God van Esegiël, oor julle: “Julle is ’n waardelose en nuttelose klomp skuim. Daarom gaan Ek julle almal in Jerusalem in ’n smeltery bymekaargooi. |