Ezekiel 22:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Mensekind, die huis van Israel het vir my skuim geword; alles is koper en tin en yster en lood, in die middel van die oond; hulle is selfs die skuim van silwer.
Afrikaans (NLV) 2011 “Mensekind, die mense van Israel is waardelose metaalskuim wat agterbly ná die silwer gesmelt is. Hulle is die onsuiwerheid wat agterbly, ’n nuttelose mengsel van koper, tin, yster en lood.
Afrikaans 1933/1953 Mensekind, die huis van Israel het vir My skuim geword; hulle is almal koper en tin en yster en lood binne die smeltoond; silwerskuim het hulle geword.
Afrikaans 1983 “Mens, Israel het vir My soos metaal geword. Hulle almal is die koper, die tin, die yster, die lood binne-in die smeltoond, die metaal, die silwer.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Mensekind, die huis van Israel het vir my metaalskuim geword; hulle almal is die koper, tin, yster en lood wat in 'n smeltoond agterbly. Metaalskuim van silwer het hulle geword.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Mens, die volk Israel het vir My geword soos die skuim wanneer iemand silwer-erts smelt in 'n oond. Maar hulle is nie silwer nie, hulle is almal koper of tin of yster of lood.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Mens, Israel het vir My soos die skuim geword wat agterbly as jy silwer smelt. Jy gooi die silwer af en verkoop dit, maar die skuim het geen nut nie. Jy gooi dit weg, want niemand kan iets daarmee doen nie. My volk is ’n nuttelose, waardelose mengsel van koper, tin, yster en lood.”