Ezekiel 22:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ek sal jou onder die nasies verstrooi en jou in die lande verstrooi en jou onreinheid uit jou vernietig.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek verstrooi jou tussen die nasies, oor die hele wêreld. Ek maak jou skoon van al jou boosheid.
Afrikaans 1933/1953 En Ek sal jou verstrooi onder die nasies en jou versprei in die lande, en Ek sal jou onreinheid uit jou wegruim.
Afrikaans 1983 Ek sal jou versprei onder die nasies en jou uitmekaarjaag na ander lande toe, Ek gaan 'n end maak aan die onreinheid in jou.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek gaan jou versprei onder die nasies, jou verstrooi in die lande; Ek gaan jou onreinheid volledig uit jou verwyder.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal julle na al die kante toe jaag, tussen die ander volke in, en Ek sal julle in ander lande laat woon. Ek sal al die onrein mense wegvat uit Jerusalem.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Ek gaan jou onder die nasies verstrooi. Jy sal in vreemde lande as gevangene woon. En daar sal Ek jou skoonmaak van al die slegte dinge wat jy gedoen het.