Ezekiel 22:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | In jou het hulle geskenke geneem om bloed te vergiet; jy het woeker en aanwas geneem, en jy het gierig van jou bure gewin deur afpersing, en My vergeet het, spreek die HERE HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daar is mense wat hulleself uithuur om moord te pleeg, hulle vat rente en woekerwins, hulle pleeg bedrog en loop mense in. Hulle dink nie eers aan My en steur hulle nie aan my wil nie, sê die oppermagtige Here. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hulle het omkoopgeskenke in jou aangeneem om bloed te vergiet; rente en woeker het jy geneem en jou naaste te veel laat betaal deur verdrukking, maar My het jy vergeet, spreek die Here HERE. |
| Afrikaans 1983 | Hulle laat hulle in jou omkoop om moord te pleeg, hulle vat rente en woekerwins, hulle pleeg bedrog en doen ander te kort: hulle maak of Ek nie daar is nie,” sê die Here my God. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | In jou word omkoopgeld aanvaar, sodat bloed vergiet word. Rente en woekerrente neem jy, jy berokken jou naaste skade deur uitbuiting, en My vergeet jy.” Dit is die uitspraak van my Heer, die Here. ’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar is mense wat geld vat om mense te laat sterf. Daar is mense wat vir ander mense geld leen en wat dan sê dat die ander mense rente moet betaal, te veel rente. Daar is mense wat ander mense bedrieg en wat hulle goed vat. Maar vir Mý het julle vergeet.” Dit het die Here gesê, Hy wat Here is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daar is mense in jou wat vir geld moord pleeg. Hulle leen geld uit teen buitensporig hoë rentekoerse. Hulle steel en loop ander mense in. Dis ’n klomp mense wat nooit eers dink aan wat Ek vir die mens gesê het om te doen nie,” sê die Here, die God van Esegiël. |