Ezekiel 22:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En een het 'n gruwel met sy naaste se vrou gedoen; en 'n ander het sy skoondogter op skandelike wyse verontreinig; en 'n ander een in jou het sy suster, sy vader se dogter, verneder. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | In jou bly daar mans wat met getroude vroue egbreuk pleeg, ander wat saam met hulle skoondogters slaap of hulle eie halfsusters verkrag. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die een het 'n gruwelike ding gedoen met die vrou van sy naaste, en die ander het sy skoondogter verontreinig deur 'n skandelike daad, en 'n derde het in jou sy suster, sy vader se dogter, onteer. |
| Afrikaans 1983 | Die een begaan afskuwelike dinge met die ander se vrou, die een pleeg afstootlike dade met sy skoondogter en verontreinig haar, die een onteer sy halwe suster, sy pa se dogter. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | hulle doen wat afstootlik is met mekaar se vroue; 'n man verontreinig sy skoondogter deur 'n skandelike daad; 'n man verkrag sy suster, dogter van sy vader, in jou. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die een man doen slegte dinge met 'n ander man se vrou, die ander man doen dit met sy skoondogter en hy maak haar onrein, die ander man doen dit met sy halwe suster, sy pa se dogter. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | In jou, Jerusalem, bly daar mans wat by hulle buurman se vrou slaap. Of hulle slaap by hulle skoondogters. Of hulle verkrag hulle eie susters. |