Ezekiel 22:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) In U het hulle die skaamte van hulle vaders ontdek; in U het hulle die wat afgesonder was tot onreinheid, verneder.
Afrikaans (NLV) 2011 Mans slaap saam met hulle pa’s se vroue en vroue wat menstrueer.
Afrikaans 1933/1953 Hulle het die skaamte van die vader in jou ontbloot; haar wat onrein was deur maandelikse onreinheid, het hulle in jou onteer.
Afrikaans 1983 Daar is mense in jou wat by hulle pa's se vrouens slaap en wat vrouens onteer selfs terwyl hulle menstrueer en onrein is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die naaktheid van vaders word in jou ontbloot; vroue, onrein tydens menstruasie, word in jou verkrag;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar is mense wat by hulle pa’s se vroue slaap en wat vroue verkrag, ook wanneer die vroue menstrueer en onrein is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar is mans wat by hulle pa se vroue slaap, getroude mans wat by ander vroue slaap terwyl Ek gesê het dit mag nie gebeur nie.