Ezekiel 21:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dit sal wees as hulle vir jou sê: Waarom sug jy? dat jy moet antwoord: Ter wille van die boodskap; want dit kom, en elke hart sal smelt, en al die hande sal slap word, en elke gees sal beswyk, en al die knieë sal verswak soos water; kyk, dit kom en sal gebeur, spreek die HERE HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | En as hulle jou vra: ‘Hoekom kreun jy so?’ sê vir hulle: ‘Ek kreun oor die verskriklike nuus wat ek gehoor het. Wanneer dit waar word, gaan die dapperste hart van vrees wegsmelt. Almal se krag sal verdwyn. Elke mens sal flou word. Die sterkste knieë sal bewe en so swak word soos water.’ Die oppermagtige Here sê: Dit kom! Dis op pad!” |
| Afrikaans 1933/1953 | En as hulle vir jou sê: Waarom sug jy? dan moet jy antwoord: Oor die tyding, want dit kom; en elke hart sal versmelt, en al die hande sal slap word en elke gees sal verstomp en al die knieë sal wegvloei soos water. Kyk, dit kom, en dit sal gebeur, spreek die Here HERE. |
| Afrikaans 1983 | En as hulle vir jou vra hoekom jy kreun, moet jy sê: Oor die tyding wat kom; elke hart sal verstyf van angs, al die hande sal slap hang, almal sal moed verloor, water sal teen al die knieë afloop; dit kom, dit sal gebeur,” sê die Here my God. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wanneer hulle vir jou vra, ‘Waarom kla jy?’ moet jy sê, ‘Oor 'n berig, want dit kom! Elke hart sal ineenkrimp, alle hande sal slap hang, elke gees verslae wees en alle knieë water word. Kyk, dit kom; dit sal gebeur! Dit is die uitspraak van my Heer, die Here. ’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En wanneer hulle vir jou vra hoekom jy kla, dan moet jy sê: ‘Ek doen dit omdat ek iets gehoor het. Almal sal bang wees en almal se hande sal slap hang, almal sal moedeloos wees en hulle water sal afloop teen hulle knieë. Julle moet weet, dit kom, dit sal gebeur.’ ” Dit het die Here gesê, Hy wat Here is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As hulle dan vir jou vra hoekom jy dit doen, moet jy antwoord: Ek is ontsteld oor die verskriklike slegte nuus wat ek gehoor het. As hierdie nuus waar word, gaan julle almal net so sug. Dit sal lyk of julle harte ingee en gaan staan. Julle sal nie meer krag oorhê om eers op te staan nie. Julle knieë sal lam word en julle sal nie kan loop nie.” Die Here, die God van Esegiël, sê: “Dit kom gou! Dit gaan gebeur.” |