Ezekiel 21:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Sug dan, jy mensekind, met die verbreking van jou lendene; en met bitterheid sug voor hulle oë. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Mensekind, kreun voor die volk! Kreun voor hulle met ’n gebroke hart omdat jy bitter hartseer is. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar jy, o mensekind, sug; sug voor hulle oë met verbreking van lendene en bitterheid. |
| Afrikaans 1983 | “En jy, mens, moet kreun. Jy moet voor hulle oë 'n ineenstorting kry en bitterlik kreun. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “En jy, mensekind, kla! As 'n gebroke man moet jy voor hulle oë bitterlik kla. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En jy, mens, jy moet kla en huil en op die grond val, jy moet baie hartseer wees en hard kla, die mense moet dit sien en hoor. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Mens, sug swaar voor die mense. Maak asof jou hart gebreek is. Sug en kla van die môre tot die aand. |