Ezekiel 21:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Sodat alle vlees kan weet dat Ek, die HERE, my swaard uit sy skede getrek het; dit sal nie meer terugkom nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die hele wêreld sal weet dat Ek die Here is. My swaard is in my hand, en Ek sal dit nie terugsit voordat sy werk klaar is nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En alle vlees sal weet dat Ek, die HERE, my swaard uit sy skede getrek het; dit sal nie meer daarin terugkeer nie. |
| Afrikaans 1983 | Al wat leef, sal weet dat Ek, die Here, my swaard getrek het, en dit sal nie teruggaan skede toe nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En al wat leef, sal besef dat Ek, die Here, my swaard uit sy skede getrek het. Dit sal nie weer teruggesit word nie.” ’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dan sal almal wat lewe, weet dat Ek my swaard uit sy leersak gehaal het, en die swaard sal nie teruggaan na sy leersak nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die hele wêreld sal weet en erken dat Ek die Here is. My wapens is in my hand. En Ek sal hulle nie bêre nie totdat Ek hulle klaar gebruik het. |