Ezekiel 21:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Aangesien Ek dan die regverdige en die goddelose van jou sal uitroei, daarom sal my swaard uit sy skede uitgaan teen alle vlees van die suide tot die noorde.
Afrikaans (NLV) 2011 Ja, Ek spaar nie eens die regverdiges nie. My swaard tref elkeen in die land, van die suide tot die noorde.
Afrikaans 1933/1953 Omdat Ek uit jou uitroei die regverdige en die goddelose, daarom sal my swaard uit sy skede uitgaan teen alle vlees, van die suide tot die noorde.
Afrikaans 1983 En omdat Ek dié wat reg doen sowel as dié wat verkeerd doen, uit jou wil uitroei, daarom word my swaard getrek teen al wat leef, van die suide af tot in die noorde.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Omdat Ek regverdiges en goddeloses uit jou gaan uitroei, daarom sal my swaard uit sy skede kom teen al wat leef, van suid tot noord.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek wil almal in jou doodmaak, die mense wat reg gedoen het en die mense wat verkeerd gedoen het, daarom sal my swaard uit sy leersak gaan na almal wat lewe, van die suide tot die noorde.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ja, Ek gaan nie eens die mense wat goeddoen, spaar nie. Ek gaan my wapens rig op almal in die land, van die een kant tot die ander kant van die land.