Ezekiel 21:32 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Jy sal 'n brandstof vir die vuur wees; jou bloed sal in die middel van die land wees; aan jou sal nie meer gedink word nie, want Ek, die HERE, het dit gespreek.
Afrikaans (NLV) 2011 Jy is brandstof vir die vuur. Jou bloed loop in jou eie land. Jy sal volledig uitgeroei word. Niemand sal jou meer onthou nie! “Ek, die Here, het so gesê.”
Afrikaans 1933/1953 Voedsel sal jy wees vir die vuur; jou bloed sal binne-in die land wees; aan jou sal nie meer gedink word nie; want Ek, die HERE, het dit gespreek.
Afrikaans 1983 Jy sal deur vuur verteer word, jou bloed sal vloei in die land, die gedagtenis aan jou sal verdwyn, want Ek, die Here, het gepraat.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jy is vir die vuur bestem om verteer te word; jou bloed sal in jou eie grond wees, jy sal nie meer onthou word nie, ja, Ek, die Here, het gepraat.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die vuur sal jou brand en jou bloed sal op die grond val. Niemand sal jou onthou nie, want Ek het gepraat, Ek, die Here.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle sal soos petrol wees wat op die vuur gegooi word. Julle sal in julle eie land doodgemaak word. Julle hele volk sal uitgewis word. Agterna sal niemand eers meer kan onthou dat daar so ’n volk soos die Ammoniete was nie! Dit is wat Ek, die Here, vir julle te sê het, Ammoniete.”