Ezekiel 21:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ek sal my grimmigheid oor jou uitstort, Ek sal teen jou blaas in die vuur van my grimmigheid en jou oorgee in die hand van brute manne en vaardig om te vernietig.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek stort my wraak uit oor jou. Ek koel my woede af op jou. Ek gee jou oor aan wrede mense wat weet hoe om mense te vernietig.
Afrikaans 1933/1953 En Ek sal oor jou my toorn uitgiet; Ek sal op jou blaas met die vuur van my grimmigheid en jou oorgee in die hand van barbare, mense wat verderf smee.
Afrikaans 1983 Ek sal my woede oor jou laat losbreek, Ek blaas die vuur van my gramskap oor jou, Ek gee jou oor in die mag van wrede mense wat weet hoe om uit te roei.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek sal my verontwaardiging oor jou uitstort, die vuur van my gramskap sal Ek teen jou aanblaas. Ek sal jou oorgee in die hand van woeste mense, vakmanne van vernietiging.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek is baie kwaad vir jou, my asem is soos vuur wat jou sal brand. Ek sal jou gee vir wrede mense wat weet hoe om dood te maak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek is kwaad oor wat julle alles gedoen het. En Ek sal julle in my woede straf. Dit sal vir julle voel of Ek vuur oor julle blaas, so erg gaan my woede wees. Ek sal julle oorgee sodat wrede mense julle namens My straf. Hierdie wrede mense weet hoe om mense te vernietig.