Ezekiel 21:30 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Sal ek dit in sy skede laat terugkom? Ek sal jou oordeel op die plek waar jy geskape is, in die land van jou geboorte. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sal Ek die swaard terugsit voordat Ek met jou afgereken het? Nee, Ek vernietig jou in jou eie land, die land waar jy gebore is. |
| Afrikaans 1933/1953 | Steek dit weer in die skede. In die plek waar jy geskape is, in die land van jou oorsprong, sal Ek jou oordeel. |
| Afrikaans 1983 | Maar sit die swaard terug in sy skede! Op die plek waar jy geskep is, in die land van jou herkoms sal Ek jou straf. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘Sit dit terug in sy skede! Op die plek waar jy gemaak is, swaard, in die land van jou oorsprong, sal Ek jou oordeel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En dan moet die swaard teruggaan na sy leersak. Jy, koning van Babel, jy is my swaard, jy moet teruggaan na jou land. Ek sal jou straf op die plek waar Ek jou gemaak het, in die land van waar jy kom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Sal Ek my wapens neersit voor Ek klaar afgereken het met julle? Nee, Ek sal julle een vir een vernietig in julle eie land. |