Ezekiel 21:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En sê vir die land van Israel: So spreek die HERE; Kyk, Ek het dit teen jou, en Ek sal my swaard uit sy skede trek en die regverdige en die goddelose uit jou uitroei. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sê vir haar die Here sê: Ek is jou vyand, Israel, en Ek is besig om my swaard te trek om jou mense daarmee dood te maak, sowel regverdiges as slegte mense. |
| Afrikaans 1933/1953 | en sê aan die land van Israel: So spreek die HERE: Kyk, Ek het dit teen jou, en Ek sal my swaard uit sy skede trek en uit jou uitroei die regverdige en die goddelose. |
| Afrikaans 1983 | Sê vir die land Israel: So sê die Here: Ek is jou vyand, Ek gaan my swaard uit sy skede trek en dié wat reg doen sowel as dié wat verkeerd doen, uit jou uitroei. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sê vir die land Israel, ‘So sê die Here: “Dit is Ek teen jou! Ek gaan my swaard uit sy skede trek en regverdiges en goddeloses uit jou uitroei. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy moet vir die land Israel sê: Die Here, Hy wat Here is, sê: Israel, Ek is nou jou vyand, Ek sal my swaard uit sy leersak haal en Ek sal almal in jou doodmaak, al die mense wat reg gedoen het en almal wat verkeerd gedoen het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here sê: Ek is jou vyand, Israel. En Ek haal my wapens uit om jou mense mee dood te maak. Ek gaan die mense wat goeddoen en die mense wat sleg doen, almal doodmaak. |