Ezekiel 21:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Terwyl hulle tevergeefs vir jou sien, terwyl hulle vir jou 'n leuen vertel, om jou oor die nekke te bring van die wat verslaan is, van die goddeloses wie se dag gekom het dat hulle ongeregtigheid 'n einde sal maak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jou towenaars en vals profete sien gesigte wat nie bestaan nie en vertel leuens oor die oorlog. En nou breek die oorlog uit teen mense wat boos is. Die finale dag van afrekening het vir hulle aangebreek. |
| Afrikaans 1933/1953 | onderwyl hulle vir jou, o swaard, 'n bedrieglike gesig sien, onderwyl hulle vir jou leuens voorspel -- dat jy gesit sou word op die nekke van goddelose wat onheilig is, wie se dag gekom het in die tyd van uiteindelike afrekening! |
| Afrikaans 1983 | al was daar gesigte oor jou wat nie bestaan het nie, voortekens oor jou wat leuens was, jy kap reeds aan die nekke van dié wat deur hulle goddeloosheid gaan sterwe, dié wie se dag gekom het, die tyd van afrekening. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | terwyl visioene oor jou vals is, die voorspelling oor jou leuens is, plaas hy jou op die nekke van die onheilige goddeloses, hulle wie se dag gekom het in die tyd van finale straf. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Mense het gesê Ek het vir hulle gewys wat Ek met jou sal doen, maar dit is nie waar nie. Die tekens wat hulle gesien het, is vals. Swaard, Ek sal jou gebruik en Ek sal die nekke afkap van die mense wat moet sterf, die mense wat verkeerde dinge doen. Hulle laaste dag het gekom, die tyd het gekom om hulle die laaste maal te straf. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle towenaars en die mense wat sê hulle hoor wat julle gode sê, het vir julle gelieg. Hulle het gesê niks sal met julle volk gebeur nie. Maar nou het die dag aangebreek dat Ek al julle mense gaan straf wat aanhou sleg doen. Die slegte mense se dag het aangebreek! |