Ezekiel 21:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En jy, mensekind, profeteer en sê: So spreek die HERE HERE aangaande die Ammoniete en oor hulle smaad; selfs sê jy: Die swaard, die swaard is uitgetrek; vir die slagting is dit stukkend om te verteer vanweë die glans.
Afrikaans (NLV) 2011 “En nou, mensekind, profeteer oor die Ammoniete en hulle gespot. Sê vir hulle die oppermagtige Here sê: “Ek het my swaard getrek vir die slagting! Dit is skerp gemaak om te vernietig en dit blits soos weerlig!
Afrikaans 1933/1953 En jy, mensekind, profeteer en sê: So spreek die Here HERE aangaande die kinders van Ammon en hulle smaadrede; en jy moet sê: 'n Swaard, 'n swaard is getrek om te slag; dit is geskuur tot die uiterste toe om soos 'n weerligstraal te wees --
Afrikaans 1983 “En jy, mens, tree op as profeet en sê: So sê die Here my God oor die Ammoniete en oor hulle gespot. Sê: “Swaard, swaard wat getrek is vir die slagting, blinkgevryf is om te blits,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “En jy, mensekind, profeteer en sê, ‘So sê my Heer, die Here, oor die Ammoniete en hulle bespotting. ’ Sê dan, ‘Swaard, swaard getrek vir 'n slagting, blink gevryf vir vernietiging, sodat jy 'n weerligstraal is –
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En jy, mens, jy moet my boodskap bring, jy moet vir die mense sê: Die Here, Hy wat Here is, praat met die Ammoniete wat met sy volk gespot het. Jy moet vir die swaard sê: Swaard, swaard, Ek het jou uit jou leersak gehaal om mense dood te maak, Ek het jou blink gevryf om mense dood te maak en om te blink.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Mens, sê vir almal wat in die land van Ammon bly, Ek sê die volgende oor hulle gespot met my volk. Die Here, die God van Esegiël, dink só oor hulle: Ek het my wapens reggekry om julle aan te val. Ek het my wapens reggemaak om julle te vernietig. My wapens blink soos ’n weerligstraal.