Ezekiel 21:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek sal dit omkeer, omkeer, dit omkeer; en dit sal nie meer wees nie totdat hy kom wie se reg dit is; en ek sal dit vir hom gee.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek vernietig! Ek vernietig die koninkryk! En dit sal nie herstel word nie tot die een kom wat regverdig oordeel. Dan gee Ek dit oor in sy hand.”
Afrikaans 1933/1953 Puinhoop, puinhoop, puinhoop sal Ek dit maak. Ook dit sal nie bly nie -- totdat Hy kom wat daarop reg het, en aan Hom sal Ek dit gee.
Afrikaans 1983 Puin, puin, puin maak Ek dit! Maar ook dit sal nie gebeur voordat hy kom wat die stad moet straf nie, en Ek sal die stad vir hom gee.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Puin, puin, ja, puin maak Ek haar – ook dit het nog nooit gebeur nie – wanneer hy kom wat die vonnis moet voltrek; Ek sal die oordeel aan hom toevertrou.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal die stad laat afbreek, daar sal net hope klippe oorbly van die stad, net hope klippe, net hope klippe. Maar Ek sal wag totdat die man kom wat die stad moet straf. Ek sal die stad vir hom gee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Vernietiging! Ek vernietig alles! Ek vee julle land van die kaart af! En Ek herstel julle nie weer nie, tot daar ’n koning kom wat die reg sal hê om julle te straf. Ek sal die stad vir hom gee om te vernietig.”