Ezekiel 21:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So sê die HERE HERE: Verwyder die tulband en trek die kroon af; dit sal nie dieselfde wees nie: verhoog die geringe, en verneder die hoë.
Afrikaans (NLV) 2011 Haal af jou kopdoek en jou kroon, sê die oppermagtige Here. “Alles het verander. Die magteloses word nou verhoog, en die magtiges word verneder.
Afrikaans 1933/1953 so sê die Here HERE: Die tulband moet weg, en die kroon moet af! Dit bly nie so nie: Na bo met wat nederig is! Na onder met wat hoog is!
Afrikaans 1983 so sê die Here my God: “Haal af jou tulband en jou kroon, niks bly soos dit is nie; wat onder is, moet op, en wat bo is, moet af.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) so sê my Heer, die Here, ‘Weg met die tulband! Af met die kroon! Dit is nie soos dit was nie. Die nederige moet verhoog word en die hoë moet verneder word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here, Hy wat Here is, sê vir die koning van Israel: “Jy moet jou tulband en jou kroon afhaal. Niks sal dieselfde bly soos dit nou is nie. Almal wat nie belangrik is nie, sal nou belangrik word, en almal wat belangrik is, sal nou onbelangrik word.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Haal jou blink kroon af.” Die Here, Esegiël se God, sê: “Ek keer jou om. Niks in hierdie land sal meer dieselfde wees nie. Die mense wat vandag verdruk word, maak Ek môre se heersers. En vandag se ryk en magtige mense maak Ek môre se sukkelaars.