Ezekiel 21:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En jy, goddelose goddelose vors van Israel, wie se dag gekom het, wanneer die ongeregtigheid 'n einde sal hê, |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Korrupte en slegte leier van Israel, jou dag van afrekening het aangebreek. |
| Afrikaans 1933/1953 | En jy, onheilige, goddelose, vors van Israel, wie se dag gekom het in die tyd van die uiteindelike afrekening -- |
| Afrikaans 1983 | “En jy, regeerder van Israel wat deur jou goddeloosheid gaan sterwe, jy wie se dag gekom het, die tyd van afrekening,” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En wat jou betref, onheilige, goddelose leier van Israel, jy wie se dag aangebreek het in die tyd van finale straf,’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En jy, koning van Israel, jy is skuldig en jy sal sterf, jou laaste dag het gekom, die tyd het gekom om jou die laaste maal te straf.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Ek praat nou met die een wat oor Israel regeer. Jy het nie opgehou om sleg te doen nie. Vandag het die dag gekom dat Ek met jou afreken oor jou slegte dade. |