Ezekiel 21:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom, so sê die HERE HERE: Omdat julle aan julle ongeregtigheid gedink het, deurdat julle oortredinge geopenbaar is, sodat julle sondes in al julle handelinge verskyn; want, sê ek, dat julle in gedagtenis gekom het, sal julle met die hand gevat word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Daarom sê die oppermagtige Here: Weer en weer het julle gewys hoe skuldig julle is. Julle kry nie eers skaam oor julle opstandigheid nie! Julle probeer dit nie eens wegsteek nie. Waar julle gaan en wat julle doen, alles is net sonde! Daarom het die tyd gekom dat julle gestraf word. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom, so sê die Here HERE: Omdat julle jul ongeregtigheid in herinnering bring deurdat julle oortredinge openbaar word, sodat julle sondes in al jul handelinge gesien word -- omdat julle in herinnering gebring is, sal julle met die hand gegryp word. |
| Afrikaans 1983 | “Daarom,” so sê die Here my God, “het julle self gewys hoe skuldig julle is toe julle opstandigheid aan die lig gekom het en julle sondes duidelik geword het aan alles wat julle doen, julle is aan die kaak gestel en julle sal aangeval word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Daarom, so sê my Heer, die Here, ‘Omdat julle julle eie skuld opgehaal het deur julle oortredings openbaar te maak, deur julle sondes te vertoon met alles wat julle doen, omdat julle die aandag op julle gevestig het, sal julle met 'n vaste greep gevange geneem word. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here, Hy wat Here is, het gesê: “Julle het self gewys dat julle skuldig is en opstandig was. Almal kon sien dat julle sonde doen met alles wat julle doen. Daarom sal die koning van Babel dit vir julle sê en hy sal julle vang. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here, die God van Esegiël, sê vir julle: “Julle is skuldig. Julle kry nie eens skaam oor julle slegte dade nie. Wat julle ook al doen om dit weg te steek, almal kan julle slegte dade sien. Moenie eens probeer om dit weg te steek nie. Alles wat julle doen, is sleg. Nou het die tyd gekom dat julle daarvoor gestraf gaan word. |