Ezekiel 21:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dit sal vir hulle wees soos 'n valse waarsêery voor hulle oë, vir die wat eed gesweer het; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Die mense van Jerusalem dink dis ’n fout, want het hulle nie ’n ooreenkoms met die koning van Babilon aangegaan nie? Maar die koning van Babilon herinner hulle aan hulle opstandigheid. Hy val hulle aan en neem hulle gevange. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar dit is vir hulle soos 'n bedrieglike waarsêery in hul oë die plegtigste eedsweringe tog is hulle s'n!; maar hy bring die ongeregtigheid in herinnering, dat hulle gegryp kan word. |
| Afrikaans 1983 | Die mense in Jerusalem sal dink dis 'n vals teken, want hulle het plegtige ede afgelê aan die koning van Babel. Maar hy sal hulle herinner aan hulle oortreding en hy sal hulle aanval. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Vir hulle sal dit lyk na 'n vals voorteken; hulle het tog plegtige ede afgelê! Maar hy sal skuld in herinnering roep, sodat hulle gevange geneem word. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die mense in Jerusalem sal dink die teken is vals, want hulle het belowe om die koning van Babel te dien, maar hy sal vir hulle sê wat hulle verkeerd gedoen het en hoekom hy hulle wil vang.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Die mense van Jerusalem dink dis ’n fout. Die koning van Babilonië kan hulle mos nie aanval nie! Hulle het dan vrede met hom gemaak! Hy misgis hom seker! “Maar dan sal die koning van Babilonië die mense van Jerusalem herinner hoe hulle teen hom in opstand gekom het. Hulle het nie hulle woord teenoor hom gehou nie. Hy sal Jerusalem aanval en al die inwoners van die stad gevange neem.” |