Ezekiel 21:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Aan sy regterhand was die waarsêery vir Jerusalem, om owerstes aan te stel, om die mond oop te maak in die slagting, om die stem te verhef met geskreeu, om rame teen die poorte aan te stel, om 'n berg te gooi en 'n fort te bou.
Afrikaans (NLV) 2011 In sy regterhand kom die teken: Draai na Jerusalem toe! Hulle beweeg met stormramme na die poorte toe. Hy gee die bevel om aan te val. Hulle bou ’n beleëringswal en torings teen die stad om oor die muur te kom.
Afrikaans 1933/1953 In sy regterhand is die lot: Jerusalem, om stormramme op te stel, om die mond met geskreeu oop te maak, om die stem te verhef met krygsgeroep, om stormramme op te stel teen die poorte, om 'n wal op te werp, om forte te bou.
Afrikaans 1983 Die teken wat hy gesoek het, kom in sy regterhand: Jerusalem! Die koning van Babel gaan stormramme regmaak, die bevel gee om aan te val, oorlogskrete skreeu, die stormramme teen die poorte opstel, 'n beleëringswal opgooi, beleëringswerke bou.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) In sy regterhand is die voorteken, Jerusalem, om stormramme op te stel, om die bevel, ‘Maak dood!’ uit te roep, om 'n oorlogskreet aan te hef, om stormramme by die poorte op te stel, om 'n beleëringswal op te hoop, om beleëringswerke op te rig!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En dan kry hy 'n teken, dit wys dat hy na Jerusalem moet gaan en dat hy stormramme moet gereedmaak. Hy moet vir sy soldate skree en sê hulle moet gereed wees om die mense dood te maak, hy moet skree en sê die oorlog moet begin. Hy moet stormramme by die poorte laat neersit, hy moet grond gooi teen die muur, hy moet 'n grondwal bou.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) En dan beduie hulle vir die koning wat hulle dink hy moet doen: Gaan val Jerusalem aan! Die hele weermag maak nou hulle wapens gereed, want hulle gaan Jerusalem aanval. Die bevel is klaar gegee: Val die stad aan! Skree terwyl julle die mense van die stad doodmaak, soldate! Val die stadsmure aan totdat hulle inmekaarstort. Klim bo-oor!