Ezekiel 21:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Bepaal 'n pad, sodat die swaard na Rabbat van die Ammoniete kan kom en na Juda in Jerusalem, die verdedigende stad.
Afrikaans (NLV) 2011 Die een pad gaan na Ammon en sy hoofstad Rabba, en die ander na Juda en die versterkte stad Jerusalem.
Afrikaans 1933/1953 jy moet 'n pad maak, dat die swaard kan kom na Rabba, van die kinders van Ammon, en na Juda, in die versterkte stad Jerusalem.
Afrikaans 1983 en die rigting aandui waarlangs die swaard kan kom na Rabba, die Ammonietestad toe, en na Juda, na die vestingstad Jerusalem toe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die paaie wat jy moet afmerk vir die swaard om langs te kom, is Rabba van die Ammoniete en Juda, die versterkte Jerusalem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) om die pad te wys waar die koning met sy swaard kan kom, die pad na die stad Rabba van die Ammoniete of die pad na Juda, na die stad Jerusalem wat sterk mure het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sit die padteken neer daar waar die pad in twee deel. Die een pad gaan Rabba toe, die hoofstad van die Ammoniete. En die ander pad gaan Juda toe, en Jerusalem toe, die hoofstad van jou volk.