Ezekiel 21:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Mensekind, rig jou aangesig na Jerusalem en laat jou woord na die heiligdomme spreek, en profeteer teen die land van Israel, |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Mensekind, kyk na Jerusalem en profeteer teen Israel en haar heiligdomme. Profeteer teen die land Israel. |
| Afrikaans 1933/1953 | Mensekind, rig jou aangesig teen Jerusalem en laat jou rede druppel teen die heiligdomme en profeteer teen die land van Israel; |
| Afrikaans 1983 | “Mens, draai jou gesig na Jerusalem toe, laat jou woorde na die heiligdomme toe vloei, tree op as profeet teen die land Israel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Mensekind, draai jou gesig na Jerusalem, preek driftig teen die heiligdomme en profeteer teen die land Israel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Mens, jy moet na Jerusalem kyk en jy moet praat teen die gewyde plekke, jy moet my boodskap bring na die land Israel. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Mens, kyk in die rigting van Jerusalem. En sê dan die volgende woorde oor Israel en al die plekke wat vir Israel se godsdiens opsy gesit is. |