Ezekiel 21:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ook, jy mensekind, stel jou op twee weë, sodat die swaard van die koning van Babel kan kom: altwee twee sal uit een land voortkom; en kies vir jou 'n plek, kies dit aan die begin van die pad na die stad.
Afrikaans (NLV) 2011 “Mensekind, teken ’n kaart met twee roetes daarop wat die koning van Babilon se swaard kan volg. En sit ’n padteken langs die pad wat uit Babilon kom, net daar waar die pad vurk.
Afrikaans 1933/1953 En jy, mensekind, maak vir jou twee paaie waarlangs die swaard van die koning van Babel kan kom; uit een land moet altwee uitgaan; en sny 'n wegwyser uit; sny dit uit by die begin van die pad na 'n stad;
Afrikaans 1983 “Mens, jy moet vir die koning van Babel se swaard twee paaie maak om op aan te kom. Die twee paaie moet uit dieselfde land kom en jy moet 'n padwyser uitkap waar die pad na die stad toe begin. Jy moet dit uitkap
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Jy, mensekind, merk vir jou twee paaie af vir die swaard van die koning van Babilonië om langs te kom. Uit een land moet albei kom. 'n Wegwyser moet jy oopkap, by die begin van die pad wat na die stede lei, moet jy dit oopkap.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “En jy, mens, jy moet twee paaie gereedmaak. Die koning van Babel moet op twee paaie kom met sy swaard. Die twee paaie moet uit dieselfde land kom. Jy moet 'n padteken maak waar die pad na die stad begin. Jy moet dit doen
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Mens, teken ’n kaart van dié deel van die wêreld. Teken dan op jou kaart twee roetes waarlangs die koning van Babilonië kan reis om by jou land uit te kom. Hy gaan soontoe om jou volk te verwoes. Maak ’n padteken langs die pad net buite die stad Babel, waar die koning van Babilonië bly.