Ezekiel 21:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek sal ook my hande teen mekaar slaan en my grimmigheid laat rus; Ek, die HERE, het dit gespreek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek klap ook my hande, want my woede sal afkoel. Ek, die Here, het dit gesê.” |
| Afrikaans 1933/1953 | So sal Ek dan ook my hand teen my hand slaan en my grimmigheid tot rus bring; Ek, die HERE, het dit gespreek. |
| Afrikaans 1983 | Dan sal Ek ook my hande inmekaar slaan en my toorn tot bedaring bring. Ek, die Here, het dit gesê.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Op my beurt klap Ek dan my hande teen mekaar, en bring Ek my woede tot bedaring. Ek, die Here, het gepraat. ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dan sal Ek self ook my hande teen mekaar slaan en Ek sal nie meer kwaad wees nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ja, daardie dag sal Ek ook my hande klap, so bly sal Ek wees dat Ek my woede op julle kon afkoel oor al julle slegte dade. Ek, die Here, het met julle gepraat.” |