Ezekiel 21:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Jy dan, mensekind, profeteer en slaan jou hande teen, en laat die swaard vir die derde keer verdubbel word, die swaard van die wat verslaan is; dit is die swaard van die groot manne wat verslaan is, wat in hulle skuilkamers ingaan.
Afrikaans (NLV) 2011 “Mensekind, profeteer teen hulle. Klap jou hande. Vat dan die swaard, swaai dit heen en weer, twee keer, drie keer, want dit gaan mense doodmaak en hulle heeltemal deurboor.
Afrikaans 1933/1953 En jy, mensekind, profeteer en slaan hand teen hand, sodat die swaard verdubbel word, tot drievoudig toe, 'n moordende swaard is dit, 'n moorddadige swaard, die grote, wat hulle omsweef.
Afrikaans 1983 “Maar jy, mens, tree op as profeet, slaan jou hande inmekaar. Laat die swaard twee keer, drie keer swaai. Dit is 'n swaard wat mense doodmaak, 'n groot swaard wat doodmaak, hy deurboor mense.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “En jy, mensekind, profeteer! Klap jou hande teen mekaar, sodat die swaard twee keer tref, 'n derde keer – die swaard vir onheiliges, die swaard vir die groot onheilige, wat diep in hulle indring,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “En jy, mens, jy moet my boodskap bring, jy moet jou hande teen mekaar slaan, jy moet met die swaard steek, twee maal, drie maal. Dit is 'n swaard wat mense laat sterf, dit is 'n swaard wat hulle van al die kante steek en wat baie mense laat sterf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Mens, sê vir hulle presies wat Ek vir jou sê. Maak ’n geraas sodat die volk vir jou kyk. En swaai dan die swaard twee, drie maal heen en weer. Wys só vir die volk hoe groot die verwoesting onder hulle gaan wees.