Ezekiel 21:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Huil en huil, mensekind, want dit sal oor my volk wees, dit sal oor al die vorste van Israel wees; verskrikkinge vanweë die swaard sal oor my volk wees; slaan dan op jou heup. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Mensekind, roep uit en huil, want die swaard is teen my volk gerig. Dit is gerig teen die leiers van Israel, uitgelewer om deur die swaard te sneuwel. Slaan met jou hande teen jou heupe omdat jy ontsteld is! |
| Afrikaans 1933/1953 | Skreeu en huil, mensekind; want dit gaan teen my volk, dit gaan teen al die vorste van Israel: aan die swaard is hulle oorgelewer saam met my volk; daarom, slaan op die heup. |
| Afrikaans 1983 | Skree, mens, huil! Die swaard is teen my volk gerig en teen al die leiers van Israel. Hulle is saam met my volk uitgelewer aan die swaard. Slaan van ontsteltenis jou hande teen jou heupe! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘ “Roep om hulp en huil, mensekind! Want die swaard is teen my volk, dit is teen al die leiers van Israel gerig. Uitgelewer aan die swaard is hulle, saam met my volk. Daarom, slaan op die heup! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Mens, jy moet skree en huil. Hoekom? Want hy sal die swaard gebruik teen my volk, dit sal almal doodmaak wat regeer oor Israel. Ek gee hulle saam met my volk sodat die swaard hulle kan doodmaak. Dit is hoekom jy moet wys dat jy kwaad en ontsteld is. Dit is hoekom jy met jou hande teen jou heupe moet slaan |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Mens, skree hard en huil. Huil kliphard! Want hierdie selfde swaard gaan my volk met al sy leiers kom doodmaak. Almal van hulle sal doodgemaak word. |