Ezekiel 21:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het dit gegee om te bewerk, dat dit hanteer kan word: hierdie swaard is geslyp en dit is gereed om dit in die hand van die doodslag te gee. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ja, die swaard word skerp en blink gemaak. Dit word gereed gekry vir die laksman. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Hy het dit gegee om te skuur, dat hulle dit in die hand kan vat; dit is skerpgemaak, die swaard, en dit is geskuur om dit in die hand te gee van hom wat doodslaan. |
| Afrikaans 1983 | 'n Mens laat die swaard blinkvryf en dit word in die hand vasgevat; dit is 'n skerpgemaakte swaard, dit is blinkgevryf om dit in die hand te sit van hom wat moet doodmaak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het dit oorgegee om dit blink te vryf; om dit in die handpalm vas te vat, is dit skerpgemaak, hierdie swaard. En dit is nou blink gevryf, om dit oor te gee in die hand van 'n moordenaar. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het die swaard blink laat vryf en Hy gee dit vir iemand om dit vas te hou en gereed te wees. Die swaard is skerp en blink, en die Here gee dit vir die persoon wat die mense moet doodmaak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ja, die swaard word nou reeds skerp gemaak en blink gevryf. Dit word reggemaak vir die man wat die vonnis oor julle moet kom voltrek! |