Ezekiel 21:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dit word geslyp om 'n swaar slagting te maak; dit is toegerus dat dit kan glinster: moet ons dan vrolik maak? dit verag die staf van my seun, soos elke boom.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit word gereed gekry vir ’n verskriklike slagting. Dit sal blink soos weerlig! Lag julle daaroor? Ander wat baie sterker as jy is, het al voor sy mag geval!
Afrikaans 1933/1953 om 'n slagting aan te rig, is dit skerpgemaak, om soos weerlig te wees, is dit geskuur. Of moet ons bly wees deur te sê: Die septer van my seun verag elke hout?
Afrikaans 1983 hy is skerpgemaak vir die slagting, hy is blinkgevryf om soos weerlig te blits! Of moet ons bly wees oor die koninklike septer wat geen boom ontsien nie, my seun?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Om 'n slagting aan te rig, is dit skerpgemaak; om soos weerlig te wees, is dit blinkgevryf. “ ‘ “Of dink julle, ons sal ons verheug oor die septer van my seun? Die swaard minag elke stuk hout!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het dit skerpgemaak om mense dood te maak, Hy het dit blinkgevryf sodat dit soos weerlig kan blink. Mag ons bly wees wanneer ons koning wys dat hy dink niemand is belangrik nie? Nee!
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die swaard word reggemaak om te kom vernietig. Hy sal so vinnig soos weerlig blits. Lag julle daaroor? Ander mense wat baie sterker as julle is, is deur hierdie swaard doodgemaak.