Ezekiel 20:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar Ek het gedoen ter wille van my Naam, dat dit nie verontreinig sou word voor die nasies onder wie hulle was nie, voor wie se oë Ek My aan hulle bekend gemaak het deur hulle uit Egipteland uit te lei.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar, om my eer te beskerm het Ek dit nie gedoen nie. Anders sou die nasies in die omgewing Israel se God spot en vir Israel lag. Hy het immers belowe om sy volk te red.
Afrikaans 1933/1953 Maar Ek het gehandel ter wille van my Naam, dat dit nie ontheilig sou word voor die oë van die nasies onder wie hulle gewees het nie, voor wie se oë Ek My bekend gemaak het aan hulle, om hulle uit Egipteland uit te lei.
Afrikaans 1983 maar Ek het gedoen wat die eer van my Naam vereis het. Ek wou nie dat my Naam oneer aangedoen word voor die oë van die nasies tussen wie my volk gewoon het nie, en toe het Ek My bekend gemaak aan hulle voor die oë van die nasies en my volk uit Egipte gebring.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar Ek het toe ter wille van my Naam opgetree, sodat dit nie ontheilig sou word in die oë van die nasies tussen wie hulle was nie – die nasies voor wie se oë Ek My aan Israel bekend gemaak het met die belofte om hulle uit Egipteland uit te lei.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Maar Ek het dit nie gedoen nie. Die Israeliete het tussen ander volke gewoon, en daardie volke het gehoor dat Ek belowe het om die Israeliete uit Egipte te bring. Ek is die Here, Ek wou nie hê dat daardie volke moet dink Ek kan nie doen wat Ek belowe het nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar Ek het hulle nie gestraf nie. Ek het Myself aan hulle verbind, en Ek wou my groot Naam beskerm. Ek was bang die ander nasies spot met Israel as Ek hulle nie uit Egipte uitlei nie omdat Ek belowe het dat Ek dit sou doen.”