Ezekiel 20:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar hulle het teen My in opstand gekom en na My nie geluister nie; hulle het nie elkeen die gruwels van hulle oë weggewerp en die drekgode van Egipte nie verlaat nie; my toorn teen hulle in die midde van Egipteland.
Afrikaans (NLV) 2011 “Maar hulle was opstandig teen My en wou nie luister nie. Hulle het nie hulle afgode weggegooi en nie die Egiptiese gode gelos nie. Toe het Ek gedreig dat Ek my wraak oor hulle sou uitgiet om my woede op hulle af te koel terwyl hulle nog in Egipte is.
Afrikaans 1933/1953 Maar hulle was wederstrewig teen My en wou na My nie luister nie; niemand het die verfoeisels van sy oë weggegooi of die drekgode van Egipte laat staan nie. Toe het Ek gesê dat Ek my grimmigheid oor hulle sal uitgiet, om my toorn teen hulle te laat uitwoed in Egipteland.
Afrikaans 1983 Maar hulle het hulle teen My verset, hulle wou nie na My luister nie. Hulle het nie hulle afstootlike afgode weggegooi nie en het nie afgesien van Egipte se afgode nie. Ek het gedink Ek sal my toorn oor hulle laat losbreek en my woede op hulle koel daar in Egipte,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘ “Maar hulle was opstandig teen My en wou nie na My luister nie. Nie een van hulle het die verfoeilike afgode waarvan hulle nie wou afsien nie, weggewerp nie. Die afgodsbeelde van Egipte het hulle nie laat vaar nie. Ek het dit oorweeg om my woede oor hulle uit te stort, om daar in Egipteland my toorn op hulle te laat uitwoed.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar hulle was opstandig teen My, hulle wou nie luister na My nie. Nie een van hulle het die vuil afgode waarvan hy hou, weggegooi nie, hulle het nie die afgode van Egipte gelos nie. Ek het gedink Ek sal hulle daar in Egipte straf en Ek sal aanhou totdat Ek nie meer kwaad is nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Maar hierdie klomp mense het teen My in opstand gekom. Hulle wou nie luister wat Ek vir hulle sê nie. Hulle wou nie ontslae raak van hulle afgode nie. Toe het Ek hulle gewaarsku dat Ek kwaad gaan word oor wat hulle doen en hulle gaan straf. Dit het al gebeur nog voor Ek Israel uit Egipte gelei het.