Ezekiel 20:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Ek vir hulle: Werp weg, elkeen die gruwels van sy oë, en verontreinig julle nie met die drekgode van Egipte nie: Ek is die HERE julle God.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe het Ek vir hulle gesê: ‘Elkeen van julle moet julle afgode nou weggooi. Moenie julle besoedel met Egiptiese afgode nie, want Ek, die Here, is julle God.’
Afrikaans 1933/1953 En Ek het aan hulle gesê: Gooi weg, elkeen die verfoeisels van sy oë, en verontreinig julle nie met die drekgode van Egipte nie: Ek is die HERE julle God.
Afrikaans 1983 Ek het vir hulle gesê: ‘Gooi weg die afstootlike afgode, moet julle nie verontreinig met Egipte se afgode nie. Ek, die Here, is julle God.’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek het vir hulle gesê, ‘Elkeen van julle moet die verfoeilike afgode waarvan hy nie wil afsien nie, wegwerp. Met die afgodsbeelde van Egipte mag julle julle nie verontreinig nie. Ek, die Here, is julle God.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “En Ek het vir hulle gesê: ‘Julle almal hou van die vuil afgode, maar julle moet hulle weggooi. Julle moenie julleself onrein maak met die afgode van Egipte nie. Ek is julle God die Here.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe het Ek vir hulle gesê: Wat Ek van julle vra, is dat julle julle afgode moet laat staan. Moenie julleself verder verneder om Egipte se afgodsbeelde te dien nie, want Ek is die Here, jou God.