Ezekiel 20:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Op die dag toe Ek my hand na hulle opgehef het om hulle uit Egipteland uit te lei na 'n land wat Ek vir hulle verkyk het, wat oorloop van melk en heuning, wat die heerlikheid van al die lande is.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek het belowe dat Ek haar en haar nageslag uit Egipte sou bring na ’n land wat Ek vir hulle uitgesoek het. Dit is ’n land van oorvloed waar melk en heuning volop is, die beste van alle lande.
Afrikaans 1933/1953 Op die dag het Ek my hand vir hulle opgehef, om hulle uit Egipteland uit te lei na 'n land wat Ek vir hulle uitgesoek het, wat oorloop van melk en heuning -- 'n sieraad is dit van al die lande.
Afrikaans 1983 Ek het My daardie dag met 'n eed verbind om hulle uit Egipte uit te bring na 'n land toe wat Ek vir hulle verken het, 'n land wat oorloop van melk en heuning, 'n sieraad onder al die lande.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Op daardie dag het Ek my hand vir hulle opgehef dat Ek hulle uit Egipteland sal uitlei na 'n land wat Ek vir hulle uitgesoek het, 'n land wat oorloop van melk en heuning; dit is 'n sieraad onder al die lande.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daardie dag het Ek vir hulle belowe dat Ek hulle uit Egipte sal bring na 'n land wat Ek vir hulle uitgesoek het, 'n land waar daar baie melk en heuning is, die mooiste van al die lande.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe het Ek belowe dat Ek Israel en haar mense uit Egipte sal weglei. Ek het gesê Ek sal hulle na ’n land lei wat Ek vir hulle gemaak het. Ek het gesê dit sal ’n goeie land wees, ’n land wat oorloop van goeie dinge. Die land wat Ek vir hulle belowe het, is die beste land op aarde.