Ezekiel 20:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En sê vir hulle: So spreek die HERE HERE; Op die dag toe Ek Israel uitverkies en my hand opgehef het na die nageslag van die huis van Jakob en My aan hulle bekend gemaak het in Egipteland, toe Ek my hand na hulle opgehef het en gesê het: Ek is die HERE julle God; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sê vir hulle die oppermagtige Here sê: Toe Ek Israel uitverkies het en Myself aan haar in Egipte openbaar het, het Ek, die Here, vir Israel gesweer: ‘Ek, die Here, is jou God.’ |
| Afrikaans 1933/1953 | en sê aan hulle: So spreek die Here HERE: Die dag toe Ek Israel uitverkies het, het Ek my hand opgehef vir die geslag van die huis van Jakob en My aan hulle bekend gemaak in Egipteland; ja, Ek het my hand vir hulle opgehef en gesê: Ek is die HERE julle God. |
| Afrikaans 1983 | Jy moet vir hulle sê: So sê die Here my God: Die dag toe Ek Israel, die nageslag van Jakob, gekies het en My met 'n eed aan hulle verbind het, het Ek My aan hulle bekend gemaak in Egipte. Ek het My met 'n eed aan hulle verbind en gesê: ‘Ek, die Here, is julle God.’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jy moet vir hulle sê, ‘So sê my Heer, die Here: “Die dag toe Ek Israel gekies het, het Ek my hand opgehef vir die nageslag van die huis van Jakob, en My aan hulle bekend gestel in Egipteland. Ek het my hand opgehef en gesê, ‘Ek, die Here, is julle God!’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy moet vir hulle sê: Die Here, Hy wat Here is, sê: Die dag toe Ek vir Israel gekies het en toe Ek vir die nageslag van die huisgesin van Jakob belowe het wat Ek sal doen, daardie dag het Ek in die land Egipte gewys het wie Ek is, en Ek het vir hulle belowe en gesê: Ek is julle God die Here. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Gaan sê vir hulle die Here, die God van Esegiël, sê oor hulle: Ek het Israel gekies om my volk te wees. En Ek het Myself aan julle bekendgemaak toe julle nog gevangenes in Egipte was. Daar in Egipte het Ek belowe dat Ek julle God sal wees. |