Ezekiel 20:47 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En sê vir die woud van die suide: Hoor die woord van die HERE; So sê die HERE HERE; Kyk, Ek steek 'n vuur in jou aan, en dit sal al die groen bome in jou en elke droë boom verteer; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Sê vir die suidelike woestyn die oppermagtige Here sê: Hoor die woord van die Here! Woud, Ek steek jou aan die brand. Elke groen en droë boom in jou sal afbrand. Die verskriklike vlamme sal nie geblus word nie. Hulle sal alles afbrand van die suide tot die noorde. |
| Afrikaans 1933/1953 | en sê aan die bos van die Suidland: Hoor die woord van die HERE: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek steek 'n vuur in jou aan wat in jou elke groen boom en elke droë boom sal verteer; die uitslaande vlam sal nie uitgeblus word nie, maar daardeur sal alle aangesigte verbrand word van die Suidland af tot die noorde toe; |
| Afrikaans 1983 | Jy moet vir die bos in die Suidland sê: Hoor die woord van die Here!” So sê die Here my God: “Ek gaan jou aan die brand steek. Elke groen boom en elke droë boom in jou gaan verbrand. Die vlamme sal nie geblus word nie, dit sal elke gesig skroei, van die suide van die land af tot in die noorde. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jy moet vir die struikgewas van die Negev sê, ‘Hoor die woord van die Here. So sê my Heer, die Here: “Kyk, Ek gaan nou 'n vuur in jou aansteek. Dit sal al die groen hout en al die droë hout in jou verbrand. Die vlammende vuur sal nie uitbrand nie, en die hele oppervlakte sal daardeur verskroei word, van die Negev af noordwaarts. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy moet vir die bos in die Suid-land sê: Jy moet hoor wat sê die Here. Die Here, Hy wat Here is, sê: Ek sal 'n vuur aansteek teen jou, en die vuur sal elke groen boom en elke droë boom in jou verbrand. Niemand sal die vlamme kan doodmaak wat brand nie. Almal se gesigte sal brand, van die suide tot die noorde. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Sê vir die suidelike woestyn die Here, die God van Esegiël, sê: Hoor die woord van die Here! Ek steek jou aan die brand, bos. Elke boom sal afgebrand word, al die groen en die droë bome. Die verskriklike vlamme van die brand sal nie geblus kan word nie. Alles sal vernietig word, van die suide tot in die noorde. |