Ezekiel 20:46 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Mensekind, rig jou aangesig na die suide, en laat val jou woord na die suide, en profeteer teen die woud van die suidelike veld;
Afrikaans (NLV) 2011 “Mensekind, kyk na die suide en praat daarteen. Profeteer teen die woude van die Negevwoestyn.
Afrikaans 1933/1953 Mensekind, rig jou aangesig na die suide en laat jou rede druppel teen die suide en profeteer teen die bosveld, die Suidland,
Afrikaans 1983 “Mens, draai jou gesig na die suide toe, laat vloei jou woorde na die suide toe, tree op as profeet teen die bos in die oop veld, die Suidland.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Mensekind, draai jou gesig suidwaarts en preek driftig teen die suide, profeteer teen die struikgewas van die Negev.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Mens, jy moet jou gesig na die suide draai, jy moet praat teen die suide, jy moet my boodskap bring na die bos in die Suid-land.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Mens, kyk na die suidekant en sê die volgende woorde. Praat met die woestyn.