Ezekiel 20:44 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En julle sal weet dat Ek die HERE is, as Ek met julle gehandel het ter wille van my Naam, nie volgens julle verkeerde weë of volgens julle verdorwe handelinge nie, o huis van Israel, spreek die HERE HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Julle sal weet, mense van Israel, dat Ek die Here is wanneer Ek julle behandel soos die eer van my Naam vereis en nie volgens julle bose weë en afskuwelike dade nie, sê die oppermagtige Here.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En julle sal weet dat Ek die HERE is as Ek met julle handel ter wille van my Naam en nie volgens julle verkeerde weë of julle verdorwe handelinge nie, o huis van Israel, spreek die Here HERE. |
| Afrikaans 1983 | Wanneer Ek met julle handel soos die eer van my Naam dit vereis en nie volgens julle sondige optrede, julle slegte dade nie, sal julle besef dat Ek die Here is. Dit, Israel, sê die Here my God.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Julle sal besef dat Ek die Here is wanneer Ek met julle handel ter wille van my Naam, en nie ooreenkomstig julle bose optrede, julle wangedrag nie, huis van Israel.” Dit is die uitspraak van my Heer, die Here. ’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Volk Israel, julle sal weet dat Ek die Here is wanneer Ek vir julle wys wie Ek is en wanneer Ek julle nie straf oor julle slegte lewe en oor die slegte dinge wat julle gedoen het nie.” Dit het die Here gesê, Hy wat Here is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daardie dag sal Ek weer my groot Naam beskerm deur julle julle slegte dade te vergewe en julle skuld af te skryf, alhoewel julle diep in julle harte steeds sleg is. As julle dit sien, sal julle nie anders kan nie as om te weet en te erken dat Ek die Here is.” |