Ezekiel 20:43 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En daar moet julle dink aan julle weë en al julle handelinge waarmee julle verontreinig is; en julle sal julleself verafsku voor julle eie oë oor al julle euwels wat julle gedoen het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Julle sal terugkyk na al julle sondes. En julle sal julleself verafsku oor al die boosheid wat julle aangevang het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daar sal julle dan dink aan julle weë en al julle handelinge waarmee julle jul verontreinig het, en julle sal vir julself walglik wees vanweë al jul slegte dinge wat julle gedoen het. |
| Afrikaans 1983 | Daar sal julle julle optrede en al die dinge waarmee julle julle verontreinig het, in herinnering roep en julle sal 'n weersin in julleself kry oor al die sondige dinge wat julle gedoen het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Julle sal daar terugdink aan julle optrede, aan al julle dade waarmee julle julleself verontreinig het. Julle sal walg van julleself, van al die booshede wat julle aangerig het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar sal julle onthou hoe julle gelewe het en wat julle alles gedoen het toe julle julleself onrein laat word het. Julle sal naar en siek voel oor al die slegte dinge wat julle gedoen het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Dan sal julle terugdink aan al die afskuwelike dinge wat julle gedoen het, en julle sal julleself daarvoor haat. |