Ezekiel 20:42 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En julle sal weet dat Ek die HERE is as Ek julle in die land van Israel bring, in die land waarvoor Ek my hand opgehef het om dit aan julle vaders te gee.
Afrikaans (NLV) 2011 “Wanneer Ek julle huis toe gebring het, na die land Israel wat Ek aan julle voorouers belowe het, sal julle weet dat Ek die Here is.
Afrikaans 1933/1953 En julle sal weet dat Ek die HERE is as Ek julle in die land van Israel bring, in die land waar Ek my hand oor opgehef het om dit aan julle vaders te gee.
Afrikaans 1983 Julle sal besef dat Ek die Here is wanneer Ek julle na die land Israel toe bring, na die land wat Ek met 'n eed beloof het om aan julle voorvaders te gee.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Julle sal besef dat Ek die Here is wanneer Ek julle na die grond van Israel bring, na die land waaroor Ek my hand opgehef het om dit vir julle voorouers te gee.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle sal weet dat Ek die Here is wanneer Ek julle bring na die land Israel, na die land wat Ek aan julle voorvaders belowe het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) daardie dag as Ek julle weer teruggebring het na julle eie land toe, sal julle weet en erken dat Ek die Here is. Julle eie land is die pragtige land wat Ek belowe het om aan julle oupagrootjies en oumagrootjies te gee.