Ezekiel 20:41 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek sal julle behaag met julle lieflike geur as Ek julle uit die volk uitlei en julle versamel uit die lande waarin julle verstrooi is; en Ek sal in julle geheilig word voor die heidene.
Afrikaans (NLV) 2011 Die dag as Ek julle huis toe vat uit julle ballingskap, sal julle vir My soos ’n offer met ’n heerlike reuk wees. Ek sal my heiligheid tussen julle vertoon waar al die nasies dit kan sien.
Afrikaans 1933/1953 As 'n lieflike geur sal Ek 'n behae in julle hê wanneer Ek julle uit die volke uitlei en julle uit die lande versamel waarin julle verstrooi was, en Ek sal My in julle as die Heilige laat ken voor die oë van die nasies.
Afrikaans 1983 Die reuk van julle offers sal vir My aanneemlik wees. Wanneer Ek julle onder die volke uit laat trek en julle bymekaarmaak uit al die lande waarheen Ek julle verstrooi het, sal Ek My deur julle voor die oë van die nasies laat ken as die Heilige.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As 'n geurige offer sal Ek julle aanvaar wanneer Ek julle van die volke af uitlei, julle byeenbring uit die lande waarheen julle versprei is. Ek sal My deur julle as die Heilige betoon voor die oë van die nasies.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het julle na ander lande gejaag, maar Ek sal julle tussen daardie volke uitbring en Ek sal julle bymekaarmaak. Julle sal dan vir My wees soos 'n wierook-offer. Die volke sal sien dat Ek die heilige God vir julle is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit sal wees wanneer Ek julle ná julle gevangenskap in Babilonië weer terugneem na julle eie land toe. Dan sal Ek julle weer as my eie volk aanvaar. Terwyl al die nasies toekyk, sal Ek julle as my eie spesiale volk aanneem,