Ezekiel 20:40 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want op my heilige berg, op die hoogteberg van Israel, spreek die HERE HERE, daar sal die hele huis van Israel, almal in die land, My dien; daar sal Ek hulle behaag, en daar sal Ek julle eis offergawes en die eerstelinge van jou gawes, met al jou heilige gawes.
Afrikaans (NLV) 2011 Want op my heilige berg, die hoë berg van Israel, sê die oppermagtige Here, sal die mense van Israel My eendag aanbid. En Ek sal hulle aanvaar. Daar sal Ek bereid wees om julle bydraes en die keur van julle geskenke en julle offers te aanvaar.
Afrikaans 1933/1953 Want op my heilige berg, op die verhewe berg van Israel, spreek die Here HERE, daar sal die hele huis van Israel, hulle almal, My dien in die land; daar sal Ek 'n behae in hulle hê en daar sal Ek julle offergawes eis en die eerstelinge van julle aanbiedinge by al julle heilige gawes.
Afrikaans 1983 “Op my heilige berg, op die hoë berg van Israel,” sê die Here my God, “daar, in dié land, sal die hele Israel My dien. Daar sal Ek weer goedgesind wees teenoor hulle en daar sal Ek bereid wees om hulle offergawes, hulle eerstelingoffers en al hulle geskenke aan die heiligdom te ontvang.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want op my heilige berg, die hoë berg van Israel, ” is die uitspraak van my Heer, die Here, “daar sal die hele huis van Israel My dien, almal in die land. Daar sal Ek hulle aanvaar, en daar sal Ek julle •wydingsgeskenke, die keur van julle gawes, saam met al julle •heilige gawes, eis.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here, Hy wat Here is, sê: “Dit is seker, die hele volk Israel sal My dien op my gewyde berg, op die hoë berg van Israel. Almal in die land, die hele volk Israel, sal My daar dien. Daar sal Ek hulle aanvaar en daar sal Ek julle presente wil hê en julle beste offers saam met alles wat julle aan My wy.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Op die hoë berg waar my woning was,” sê die Here, Esegiël se God, “sal julle My weer kom dien. Daardie dag sal Ek julle toelaat om voor My te kom staan. Julle sal offers vir My bring en Ek sal dit aanvaar.