Ezekiel 20:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wil U hulle oordeel, mensekind, wil U hulle oordeel? laat hulle die gruwels van hulle vaders ken; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Mensekind, oordeel jý oor hulle; jý moet hulle veroordeel! Vertel vir hulle hoe afskuwelik die optrede van hulle voorouers regtig was. |
| Afrikaans 1933/1953 | Wil jy hulle oordeel, wil jy oordeel, mensekind? Maak hulle dan die gruwels van hulle vaders bekend, |
| Afrikaans 1983 | Oordeel jý oor hulle, mens, oordeel jý. Vertel vir hulle van die afskuwelike dinge wat hulle voorvaders gedoen het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Sal jy oor hulle regspreek, mensekind, sal jy regspreek? Die afstootlike optrede van hulle voorouers, maak dit aan hulle bekend. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Mens, sal jy hulle oordeel, sal jy hulle oordeel? Dan moet jy vir hulle vertel van die dinge wat hulle voorvaders gedoen het, dinge wat Ek haat. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Mens, kyk jy na hierdie klomp mense. Kyk na al die afskuwelike dinge wat hulle aanhou doen het. Vertel vir hulle dat hulle oupas en oumas, en hulle oupagrootjies en oumagrootjies ook aangehou het om slegte dinge te doen. |