Ezekiel 20:39 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wat julle betref, o huis van Israel, so sê die HERE HERE: Gaan heen, dien elkeen sy drekgode, en ook hierna, as julle nie na My luister nie; maar verontreinig my heilige Naam nie meer met julle gawes en met julle afgode nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Wat julle aangaan, volk van Israel, so sê die oppermagtige Here: As julle dan wil, loop agter julle afgode aan en aanbid hulle. Maar dan moet julle nie omdraai en nog verder oneer aan My bring met julle geskenke en afgode nie.
Afrikaans 1933/1953 Maar julle, o huis van Israel, so sê die Here HERE: Gaan weg en dien elkeen sy drekgode; maar hiern-- sekerlik sal julle na My luister en my heilige Naam nie meer ontheilig met julle offergawes en julle drekgode nie.
Afrikaans 1983 “En wat julle betref, Israel,” sê die Here my God, “loop na julle gode toe, dien hulle, nou en later, as julle nie na My wil luister nie en my heilige Naam nog wil oneer aandoen met julle geskenke aan afgode en met julle afgode self.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘ “En julle, huis van Israel,” so sê my Heer, die Here, “gaan dien elkeen van julle sy afgodsbeelde! Maar daarna, as julle nie na My luister nie...! My heilige Naam sal julle nie weer ontheilig met julle offergawes en julle afgodsbeelde nie!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here, Hy wat Here is, sê: “En julle, volk Israel, as julle nie gehoorsaam wil wees aan My nie, dan moet elkeen van julle sy afgode gaan dien. Maar julle moenie aanhou om my heilige Naam te ontwy nie. Julle doen dit wanneer julle presente bring en wanneer julle afgode dien.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Wat julle betref, volk van Israel,” so sê die Here, die God van Esegiël, “gaan loop agter julle nikswerd afgode aan! Aanbid maar julle afgode! Maar moet dan nie omdraai en die volgende dag geskenke vir My wil bring omdat julle My nodig het nie. Ek sal nie toelaat dat julle My misbruik nie!”