Ezekiel 20:38 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ek sal die wederstrewiges en die wat teen My oortree uit julle midde uitroei; Ek sal hulle uitlei uit die land waar hulle as vreemdeling vertoef, en hulle sal nie in die land van Israel ingaan nie; en julle sal weet dat Ek die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek sal julle skoonmaak van almal wat opstandig teen My is en sondig. Ek sal hulle uit die lande bring waar hulle in ballingskap woon. Maar hulle sal nooit weer in die land Israel ingaan nie. Wanneer dit gebeur, sal julle weet dat Ek die Here is.
Afrikaans 1933/1953 En Ek sal uit julle afsonder die wat opstandig is en teen My oortree; Ek sal hulle uit die land van hul vreemdelingskap uitlei, maar hulle sal in die land van Israel nie kom nie; en julle sal weet dat Ek die HERE is.
Afrikaans 1983 Ek sal dié van julle wat hulle teen My verset en opstandig is, uitsoek en hulle laat trek uit die land waar hulle woon, maar in die land Israel sal hulle nie kom nie. Hulle sal besef dat Ek die Here is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek sal van julle afskei dié wat in opstand is en teen My oortree. Uit die land waar hulle as •vreemdelinge vertoef, sal Ek hulle uitlei, maar op die grond van Israel sal hulle nie kom nie. Dan sal julle besef dat Ek die Here is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal almal wat opstandig is teen My en wat nie na My wil luister nie, apart sit. Ja, Ek sal hulle uithaal uit die lande waar hulle woon, maar hulle sal nie in die land Israel kom nie. Julle sal weet dat Ek die Here is.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dan sal Ek almal wat hulle nie aan My gesteur het nie, eenkant sit. Ek sal hulle uit die lande gaan haal waar hulle nou gevangenes is. Hierdie mense sal nooit die land Israel ingaan nie. Die dag as dit gebeur, sal hulle weet dat Ek die Here is.