Ezekiel 20:35 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ek sal jou in die woestyn van die volk bring, en Ek sal daar met jou in die stryd tree van aangesig tot aangesig.
Afrikaans (NLV) 2011 “En Ek bring julle na die woestyn van die nasies en daar oordeel Ek oor julle van aangesig tot aangesig.
Afrikaans 1933/1953 En Ek sal julle bring in die woestyn van die volke, en Ek sal daar met julle in die gerig tree van aangesig tot aangesig.
Afrikaans 1983 Ek sal julle bring na die woestyn tussen Babel en Israel en daar my saak teen julle van aangesig tot aangesig stel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek sal julle na die woestyn van die volke neem, en daar sal Ek julle van aangesig tot aangesig voor die gereg daag.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal julle na die woestyn bring tussen die land Babel en die land Israel, en daar sal Ek self vir julle oordeel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) En dan lei Ek julle weer die woestyn in, maar hierdie keer die woestyn vol nasies. En voor daardie nasies sal Ek my vonnis oor julle slegte dade uitspreek. Ek en julle sal mekaar in die oë kyk die dag as dit gebeur.