Ezekiel 20:34 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Ek sal julle uit die volke uitlei en julle versamel uit die lande waarin julle verstrooi is, met 'n sterke hand en met 'n uitgestrekte arm en met uitgestorte grimmigheid. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek bring julle met ’n ystervuis en met mag tussen die nasies uit en Ek maak julle bymekaar uit die lande waarheen Ek julle verstrooi het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Ek sal julle uit die volke uitlei en julle versamel uit die lande waarin julle verstrooi is, deur 'n sterke hand en deur 'n uitgestrekte arm en deur uitgestorte grimmigheid. |
| Afrikaans 1983 | Ek sal julle met mag en krag tussen die volke uitbring en julle bymekaarmaak uit die lande waarheen Ek julle verstrooi het en my toorn oor julle laat losbreek. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek sal julle uitlei tussen die volke, julle byeenbring uit die lande waarheen julle versprei is, met 'n sterk hand, met 'n uitgestrekte arm, met woede wat uitgestort word. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek was kwaai met julle en Ek het julle laat swaarkry. Ek het julle gestraf en Ek het julle na ander lande gejaag. Maar Ek sal julle bymekaarbring uit daardie lande, Ek sal julle uitbring tussen die volke. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Met groot krag sal Ek julle tussen die ander nasies uitlei uit die land waar julle gevangenes is, ’n ver en vreemde land. |